Lupus is nie ‘n doodsvonnis nie

 Lupus is nie ‘n doodsvonnis nie

Inligting rondom die inflammatoriese siekte, Lupus, word al hoe meer op Radio Nfm se klankgolwe gedeel.

Al hoe meer onderhoude met persone wat met Lupus gediagnoseer is vind plaas op Nfm.

Meimaand word geken as Lupus-bewusmakingsmaand en die 10 Mei staan bekend as Internasionale Lupus-dag.

Tydens die maand staan die gemeenskap pal agter die bewusmaking van Lupus op radio Nfm.

Laerskool onderwyser van Namakwaland, Anchin Heyn, deel haar reis as Lupus-leier.

Sy is ‘n onderwyser op St. Cyprians Primêre Skool op en was met Lupus diagnoseer in 2014 terwyl sy besig was om haar finale jaar op Universiteit te voltooi.

Vir haar was dit ‘n baie onaangename manier om haar jaar op die manier te kon voltooi.

Lupus het haar liggaam so aangetas dat sy skaars kon stap en sy kon glad nie na haarself kyk nie.

Haar ma was genoodsaak om haar besigheid se deure te sluit om na haar om te sien, sodat sy kon konsentreer op haar studies om ’n sukses van haar loopbaan te kan maak.

“My mede universiteitstudente, en kennisse wat die vier jaar met my gedeel het, het besluit dat ek aandag soek en nie regtig iets makeer nie. Die siekte het geensins enige sigbare simptome nie, en dit kom voor asof jy gesond is,” het Heyn gesê.

Die simptome van hierdie siekte sluit in ‘n vreeslike moegheid, gewrigspyne, borspyn en asemhalingsprobleme asook fotosensitiwiteit.

Daarby veroorsaak dit ook die verlies aan hare en gewig.

Dit laat ook die gevoel in jou ledemate verdwyn.

Heyn was voorheen op chemotherapie en is nou tans weer op behandeling.

Sy voeg by en sê dat Lupus ‘n onverwagse pyn en bewerasies veroorsaak wat onbeheerbaar is, as gevolg hiervan maak dit die werksomstandighede vir haar vreeslik ongemaklik, maar die ligpunt in dit alles is dat haar kollegas haar verstaan en haar ondersteun.

Heyn noem om ‘n Lupus-leier te wees is dat dit nie ‘n doodstraf is nie, maar dat dit haar oë geopen het van hoe kort en hoe kosbaar die lewe is.

“Dit verander wel jou leefstyl asook die persepsie wat jy uit die lewe wil hê en om ‘n beter prentjie te skep van wat jy eindelik wil uit die lewe wil put,” sluit Heyn af.

Courtney Saal

Related post