Vioolsdrift polisielede trek dwelmhandelaars vas

 Vioolsdrift polisielede trek dwelmhandelaars vas

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Polisielede by die Vioolsdrift-grenspos het dwelmhandelaars ‘n groot slag toegedien nadat hulle beslag gelê het op heroin wat in die vroeë oggendure van Maandag, 09 Mei 2022 in ‘n taxi oor die grens vervoer is.

Daar word beweer dat ‘n Toyota Quantum wat vanaf Namibië gereis het om 00:15 by die grenspos deursoek is toe polisielede die dwelms ontdek het wat onder die bestuurdersitplek versteek was,” het Kolonel Mashay Gamieldien, woordvoerder vir die polisie gesê.

Volgens die bestuurder is hy versoek om die pakkie in Kaapstad af te lewer.

Die straatwaarde van die heroin word op 2 miljoen rand geraam.

Die gearresteerde manlike taxibestuurder van Philipi in Kaapstad, 30 jaar oud, sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Die polisie in die Noord-Kaap sal onverpoosd voortgaan om die dwelmhandelaars wat in die provinsie bedrywig is, kort te knip.

Bernadine Hearn

Related post