Peutering van infrastruktuur lei tot die inhegtenisneming van manlike verdagte

 Peutering van infrastruktuur lei tot die inhegtenisneming van manlike verdagte

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Drie mans tussen die ouderomme van 29 en 42 is op Saterdag, 19 Maart 2022 omstreeks 15:00, in hegtenis geneem nadat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het.

Die inhegtenisname het plaasgevind by Magojaneng buite Mothibistad, in die Noord Kaap.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Mosimaneotsile Letsapa het bevestig dat hulle ’n klag van Vodacom ontvang het oor mense wat besig is om met ’n Vodacom-toring te peuter.

Na verdere ondersoek op die toneel is drie buitelandse manlike burgers in hegtenis geneem nadat hulle gevind is met huisbraakimplemente, insluitend ‘n slypmasjien, moersleutels, verlengkoorde, ‘n battery en brandblussers, ens.

“Daar is ook beslag gelê op ‘n wit Ford Ranger-dubbelkajuit aangesien dit glo in die pleging van ‘n misdaad gebruik is,” het Letsapa gesê.

Al drie verdagtes sal Dinsdag, 22 Maart 2022 in die Mothibistad-landdroshof verskyn op klagtes van peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

Bernadine Hearn

Related post