‘n Manlike verdagte is gister deur die Garies polisie in hegtenis geneem, nadat hy in besit van bedreigde plantspesies gevang was.

Die polisie het Conophytum plante (knoppiesplante), ter waarde van R1,6 miljoen in sy besit gevind en gekonfiskeer.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Sergio Kock het bevestig dat die polisie op Springbok se snelweg-eenheid, inligting ontvang het oor ‘n man wat knoppiesplante vervoer per bus vanaf Kaapstad na Springbok.

Die manlike verdagte sal binnekort in die Springbok-landroshof verskyn, op ‘n klagte van beweerde handel in bedreigde plante.

Attachments

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *