Die provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, Luitenant generaal Koliswa Otola, vergesel deur die adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, Generaal majoor Luntu Ngubelanga het 23 splinternuwe voertuie aan stasiebevelvoerders van regoor die provinsie oorhandig.

“Generaal Otola het herhaal dat die voertuie optimaal en professioneel gebruik moet word om die gebruik daarvan te maksimeer en dienslewering aan ons gemeenskappe te verbeter en ook om die vermoëns van die organisasie te versterk,” het luitenant kolonel Sergio Kock gesê.

Generaal Otola het belowe dat die Toyota Hilux-bakkies tydens hierdie Feesseisoen in die strate sal wees om meer stewels op die grond te verseker om polisiesigbaarheid te verbeter en misdaad doeltreffend te bekamp.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *