Manlike lede van Suid- Afrikaanse Polisiediens Paballelo het op Vrydag, 16 Augustus 2024, ‘n spoggeleentheid vir hul vroulike kollegas en die Gemeenskapspolisieforum ter herdenking van Vrouemaand by die Paballelo Burgersaal aangebied.
“Die doel van die dag was om die vroue wat in die Suid-Afrikaanse Polisiediens werksaam is te waardeer en erkenning te gee aan die belangrike rol wat hulle speel,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder het adjudant offisier Omphile Masegela gesê.
Dit was om te verseker dat die organisasie sy doelwitte bereik terwyl die beleid en die beeld van die SAPD gehandhaaf word.
Masegela het gesê dat Pastoor Melvin Verwant het ‘n boodskap met die vroue gedeel en hulle vergelyk met ‘n weermag as helpers van mans.
Die hoof maatskaplike werker by FAMSA Upington kantoor, Leandrè Erasmus was die hoofspreker by die geleentheid.
Sy het vroue herinner aan hul inherente krag en hul onskatbare rol as medeskepsele in God se ewige plan.
Die dames is verversings bedien terwyl hulle na die motiveringsboodskappe geluister het.



