Die stasiebevelvoerder van Upington Brigadier, Peet Coetzee en sy span het ‘n spesiale geleentheid ter herdenking van Vrouedag gevier.
Alle vroue was ‘n blaaskans gegun om byeen te kom en na bemoedigende woorde te luister, ter herinnering aan die pogings van die vroue in 1956.
“Die vroue was gemotiveer deur ‘n toewyding deur kapelaan Sekopane Mosetlhe van Employee Health and Welness, wat beklemtoon het dat vroue ankers moet wees en dat hulle altyd mekaar moet ondersteun,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder adjudant offisier Omphile Masegela gesê.
Onder die vroue wat genooi is, was die distrikskommissaris, generaal-majoor Monica Sebili, die komponent- en eenheidshoofde, lede, en ook die jong vroue wat in stryd is met die wet.
Masegela het ook gesê dat Generaal-majoor Sebili, het met die deelnemers gepraat en veral die jong vroue aangemoedig om hulself soveel as moontlik te bemagtig deur studies, en nuuskierig moet wees om te leer en hul grondgebied te verbreed nie hulself te beperk nie, op posvlak en hul werkplek nie.
Die vroue het tyd gehad om te verenig, interaksie met mekaar te het, en oomblikke te deel, terwyl hulle gesing, geprys het en hulle het afgesluit het met ‘n goeie ete wat deur die mans voorberei was.




