Mej. Tiener 2021/22 neem deel aan Mandela-dag program saam Radio NFM

 Mej. Tiener 2021/22 neem deel aan Mandela-dag program saam Radio NFM

Elke jaar neem Mej. Tiener deel aan Mandela-dag en die titel word gedra vir die jaar 2021/2022 deur, Lamieze Heyn.

Sy het deel geneem aan die Mandela-dag program aangebied deur Radio NFM, wat op 18 Julie die verjaarsdag van die ontslape ikoon Nelson Mandela, jaarliks gevier.

Heyn is ‘n 15 jarige beeldskone jongdame is woonagtig op Okiep en ‘n graad 10 leerder by Hoërskool Namakwaland.

“My gevoel teenoor Mandela-dag kan ek nie beskryf nie. Tydens die tyd wat Nelson Mandela deel was van die politiek was ek nog baie klein, maar wat ek van hom geleer en gehoor het, het my hart verheug deur alles wat hy moes deurmaak en wat hy opge-offer het vir die land,” het Heyn gesê.

Sy noem dat sy baie planne het vir die res van Mandela-maand wat sy graag wil bereik voor sy haar kroon oorhandig aan haar opvolger.

Heyn het vir haar 67 minute van welwillendheid vir oud en jonk sop en brood uitgedeel en bemoedigende pamflette.

“Aan die jeug van Namakwa wil ek sê, kom ons wees dankbaar vir die nalatenskap van Tata Madiba, anders sou ons nie in so ‘n wonderlike vrye land kon woon nie,” het sy by gevoeg.

Van Radio NFM se kant wens ons vir Lamieze net die beste toe op haar pad vorentoe, sowel vir haar skoolloopbaan.

Sunè Cloete

Related post