Swaar voertuie word toegelaat op die R31

 Swaar voertuie word toegelaat op die R31

Foto: Verskaf – Facebook

Die Departement van Paaie en Openbare Werke het aansienlike vordering gemaak met die verhoging van ‘n gedeelte van die R31 in die omgewing van die Wildebeeskuil Pan (Platfontein), net buite Kimberley.

Ons het die laagwerke van die noordelike baan voltooi en die Departement het die verkeer van die noodgruisbaan na die nuwe teerbaan verskuif.

Die Departement is tevrede met die vordering op die terrein en kondig graag aan dat swaar voertuie vanaf 19 Julie 2022 af deur die stop-en-ry-verkeerbeheerstelsel op die R31-pad toegelaat word.

Konstruksie is aan die gang en ons herinner motoriste en vragmotorbestuurders om asseblief die instruksies van die stop-en-ry-beamptes en die vlag manne op die terrein na te kom.

Ons maan motoriste om nie te jaag wanneer hulle deur die stop-en-ry-verkeerbeheerstelsel wat ongeveer 1,5 kilometer lank is nie, maar om by die spoedgrens van 40km/uur te hou.

Ons het spoedwalle opgerig wat sal help met spoed beheer.

Die geskatte wagtydperk is ongeveer 20 minute.

Ons maak staat op almal se samewerking om die veiligheid van werkers en motoriste te verseker.

Die Departement bly daartoe verbind om hierdie projek te voltooi.

Ons toekomsplanne sluit die volgende aktiwiteite in:

· Die voltooiing van die suidelike laan se laagwerke,

· asfalt bedekking oor beide bane en

· bykomende werke soos vantrelings op beide skouers, padtekens en padmerke.

Uitgereik deur: Me Crystal Robertson

Woordvoerder van die departement van paaie en openbare werke

Sunè Cloete

Related post