Op die jaarlikse nasionale kalender is daar datums wat belangrik is, en die datums maak die werkende klas en skoliere opgewonde.

Dit is ‘n dag waar hulle laat kan slaap en dan net ‘n rustige dag kan hê.

Vir baie is dit ‘n lekker meevallertjie.

Een van die datums is 21 Maart, wat jaarliks as Menseregtedag gevier word.

Tog steur baie min mense hulle aan die betekenis van diè dag, wat op slot van sake ingestel was ter nagedagtenis aan groot of invloedryke gebeurtenis in die land se geskiedenis.

Menseregtedag is ‘n dag wat die regte van mense gedenk.

In sommige lande, soos Suid-Afrika, word dit as ‘n openbare vakansiedag gevier.

Dit word herdenk ter nagedagtenis aan die Sharpeville-slagting.

Die eerste Menseregtedag in Suid-Afrika is op 21 Maart 1995 gehou.

Menseregtedag, soos deur die Verenigde Nasies ingestel, word in die res van die wêreld op 10 Desember gevier.

Aartsbiskop Desmond Tutu het in 1979 gesê: “We should all have the freedom to become fully human”.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *