Wanneer jy die geleentheid gebied word om ondergrond te kan gaan by ‘n myn, dan begin die senuwees te knaag?
Jou gedagtes spring rond, “wat sal gebeur as ek ondergrond is, wat as daar ‘n rotstroting is, wat gaan ek maak?.”
Vir die span van Radio Nfm wat bestaan het uit Bernadine Hearn, Richard Theron en pastoor Patrick Hendricks was dit ‘n heel ander belewenis.
Hulle het die Swartberg myn van Vedanta Zinc Intenational op Aggeneys Dinsdag, 14 Maart 2023 besoek.
Vir die drie was dit ‘n belewenis wat hulle nooit sal vergeet nie en soos Theron sê dit is een vir die boeke.
Die span van Nfm was ondergrond geneem deur Barry Strydom myn kaptein, Deon Maasdorp senior skofbaas en Bonnie M Raman produksie skof toesighouer.
Twaalf uur skofte vind plaas, met volle kalender werking, dit beteken dat dit elke dag van die jaar is, so daar is elke dag werkers in die myn.
Daar is skofte wat gewerk word, wat soos volg werk, vier dae aandiens en vier dae afdiens, 12uur skofte, wat bestaan uit A, B, C en D skofte.
Wanneer die A en B skofte aandiens, is die C en D skofte afdiens.
Die kontrakteur verantwoordelik vir produkise is Steinweld, in samewerking met die myn se ingeneurs.
Daagliks bestaan hulle tussen 25 en 30 werkers om hul daaglikse teikens te bereik, wat gepaard gaan met veiligheid.
Vedanta Zinc International se prioriteit is groot op Veiligheid in die myn en die eerste fokus van die mynwerkers.
Ondervinding tel as n voordeel in alle departemente.
Seniors op die myn glo dat leierskap die voorbeeld moet stel sodat medewerkers daaruit kan leer
Dit is baie gevaarlike omstandighede en jou ingesteldheid moet altyd op jou werk gerig wees en die seniors is verantwoordelik vir die span van 25 tot 30 werkers.
Die myn verwagten alle tye veilige produksie.
Die spanne is baie betrokke bymekaar, vertrou mekaar en bou met tyd sterk spanne op.
Wat masjienerie betref is dit tegnologies meer gevorder.
Die omstandighede is nie te sleg nie, maar daar moet ten alle tye seker gemaak word dat die kondisies reg is, die lug skoon is wat onder in die myn afgestuur word, wat die werkers aan die lewe hou, en van ‘n goeie aard wees.




