Die LUR van Landbou in die Noord-Kaap, Mase Manopole, en Minister van Arbeid, Thulas Nxesi, het in verlede week drie plase besoek waar werkers dood is weens vermoedelike hittesteek.

Agt plaaswerkers het op verskillende plase gesterf omdat uiterste temperature in die Noord-Kaap voortgeduur het.

Hulle het Maandag ‘n besoek aan Groenheuwel, Loveren en Tierkop in Kakamas gebring waar Nxesi boere versoek het om die bestaan van werkers te prioritiseer en te bewaar aangesien voedselsekerheid geraak sal word.

Die provinsiale landboudepartement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, het in ‘n verklaring gedeel dat hoewel die minister reeds ‘n voorlopige verslag oor die dood van die werkers ontvang het, “daar verdere ondersoeke aan die gang is wat die weg sal baan vir watter stappe geneem moet word om vas te stel as daar nalatigheid was.

“Ons kan bevestig dat, volgens die voorlopige verslag, sowat agt mense tot dusver oorlede is. Ons inspekteurs en ander belanghebbendes soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Departement van Landbou sal egter verder moet ondersoek instel, sodat aksies geneem kan word indien daar bevind word dat iemand nalatig was.

“Ons is nie hier om boere te ondersoek nie. Ons is hier om met hulle te praat en maniere te probeer vind hoe om seker te maak dat so ’n gebeurtenis nie in die toekoms weer gebeur nie,” het Nxesi gesê.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) gewaarsku dat hoë temperature in die Kakamas-omgewing sal voortduur.

OFM-nuus het berig die minister het boere versoek om werksure tydens hittegolwe te heroorweeg. Hy het beklemtoon dat gesondheid en veiligheid die verantwoordelikheid van die werkgewer is, “om voedselsekerheid in hierdie land te beskerm, moet ons dus die welstand van ons plaaswerkers beskerm, want sonder hulle is ons nie in staat om voedsel te produseer nie.

Boere is ook deur Manopole aangemoedig om gereelde mediese toetse en assesserings op plaaswerkers te doen, aangesien dit die moontlikheid van beserings en dood sal help voorkom.

“Die werksverhouding tussen plaaseienaars en die departement van gesondheid moet versterk word, sodat gereelde mediese toetse uitgevoer word, om meer sterftes op ons plase te voorkom. Gesondheid en veiligheid op ons plase en konstante mediese ondersoeke is ons grootste prioriteit in die departement,” het Manopole in ’n verklaring gesê.

OFM Nuus

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *