Na aanleiding van die veelvuldige betrokkenheid van belanghebbendes by die Groenwaterstofberaad, het die Premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, saam met ‘n provinsiale regeringsafvaardiging, vandag die Vopak Terminal Lesedi in die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit besoek.

Die Vopak Terminal Lesedi is een van twee Vopak Terminale in Suid-Afrika, geleë in Johannesburg en Durban.

Dit vorm deel van 78 soortgelyke terminale regoor die wêreld.

Die Provinsie onderhandel met Vopak as ‘n infrastruktuurbelegger wat spesifiek fokus op pype, berging en verspreiding van waterstof en ammoniak.

Die onderhandeling het ook ten doel om Vopak se bedrywighede in die Noord-Kaap uit te brei.

Dit is ‘n geweldige beginpunt vir globale toegang en netwerke, wat die Spesiale Ekonomiese Sone en hawe-ontwikkeling komplimenteer.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *