Die Springbok-streekhof het onlangs 10 jaar tronkstraf opgelê aan die 33-jarige Franco Swartz ná die verkragting van ‘n 30-jarige vroulike slagoffer in Skietbank, Okiep, op Maandag, 08 Maart 2023.

Die hof het gehoor dat die beskuldigde op diè dag die slagoffer aangerand en verkrag het.

‘n Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Timothy Sam het bevestig dat die hof ‘n 10 jaar direkte tronkstraf opgelê vir verkragting, 2 jaar vir aanranding GBH en 6 maande vir gewone aanranding.

“Alle vonnisse sal samelopend uitgedien word en die beskuldigde is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal in die Nasionale Seksoortredersregister aangeteken word,” het Sersant Sam gesê.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Agnes Vena, toegejuig vir die verkryging van die uitstaande vonnis wat verseker het dat die oortreder voor die hof gebring word.

Die polisie sal verseker dat geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-slagoffers beskerm word en veilig voel.

“Sy het ‘n beroep op alle gemeenskappe gedoen om die polisiepogings te salueer deur deel te neem aan die ” “RATE OUR SERVICE” aanlyn opname om die polisie te help om dienste te verbeter.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *