Namakwalander doen hul deel vir deel vir Mandela dag

 Namakwalander doen hul deel vir deel vir Mandela dag

Steinkopf se jong kindertjies het vandag vinnig besluit om sekere strate en areas skoon te maak.

Hulle het besluit om gemeenskapslede se erwe skoon te maak. Die kinders het gesê dat hulle nie op die ouer jeugdiges kan wag om hul dorpie te begin skoon maak nie, dus het hulle die inisiatief aan die dag gelê deur ‘n verandering in hul gemeenskap te maak.

In ‘n ander Mandela uitreiking het Mathilda Mogopedi by die Springbok biblioteek in samewerking met Ricky K en Gavin Klaase van die Sisonke Library in Carolusberg hul 67 minute van Mandela-dag deurgebring by die Springbok Korrektiewe Dienste.

Die doel van hul besoek was om die prisoniere te motiveer .

Boeke, tydskrifte, datumstempel, en lidmaatskapvorms was aan die gevangenisse geskenk om hul leesvaardighede te verbeter.

Hulle het ook boekmerke met Mandela aanhalings gemaak en aan die prisoniere uitgedeel.

Sunè Cloete

Related post