ANC Namakwa begroet Duarte

 ANC Namakwa begroet Duarte

https://www.timeslive.co.za/politics/2022-07-17-anc-tower-of-strength-jessie-duarte-has-died/

Gedissiplineerd, toegewyd, beginselvas, lojaal, eties, hardwerkend, kritiese denker -dit alles en meer, dit is hoe die ANC in Namakwa die ontslape Jesse Duarte beskryf.

Wyle Jesse was die toonbeeld van ‘n kader, voorbeeldig in aksie, aktivis vir geslags- en vroue-emansipasie en alle gemarginaliseerde sektore.

Die ANC in Namakwa wil graag hul innige meegevoel aan die Duarte en alle geaffekteerde families betuig.

Selfs toe die ANC uitgelag was en ‘n bespotting van gemaak is, het sy die ANC met beginsel en durf verdedig.

“Jou onbaatsugtige toewyding sal altyd in ons harte wees. Gaan sluit aan by die kamerade bo in die hemel,” het ANC Namakwa gesê.

Kameraad Jesse was Sondag, 17 Julie 2022, in die Westpark-begraafplaas ter ruste gelê, sy edele President Cyril Ramaphosa het die afvaardiging gelei waardeur hy die lofrede sal hou.

Kameraad Duarte sal ‘n spesiale amptelike begrafnis gegun word.

“Jou voorbeeld sal vir ewig lewe. Lank lewe die gees van DSG.. Lank lewe!,” het die ANC in Namakwa af 

Bernadine Hearn

Related post