Die Namaqua Quest MTB en Trail Run het vanoggend by Okiep Country Hotel in die Namakwa-distrik amptelik begin.

Die wedloop duur sowat drie dae en eindig op Sondag, 04 September 2022.

Besoekers, belanstellendes en deelnemers kan verwag om pragtige blomme te sien, gedurende die drie dae van die geleentheid.

Fourie Kotze, ‘n deelnemer het op Facebook laat hoor: “Ek is terug in Springbok, Namakwaland vir die 8ste Namaqua Quest MTB 3 Dag Stage Race. Ek het die blomme in die afgelope jare meer volop en mooier gesien, maar die hoë temperature en sterk oostelike winde het verwoesting gemaak, met al die veldblomme waarvoor hierdie area bekend is. My tuisdorp, Nababeep, is egter steeds mooi en aangesien dit amptelik die eerste dae van die lente is, is dit definitief ‘n belewenis om te ervaar.”

Kotze het die volgende foto’s op Facebook gedeel.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *