Die studente van die NCR TVET Kollege, Namakwaland Kampus op Okiep, hou tans lekker makietie nadat die studente ondersteuningsraad en Meneer Werner Whitlow dit goed gesien het om studente te vermaak met die pretdag.

Pastoor Banda het die skriflesing en verwelkoming gedoen nadat die doel van die dag deur Whitlow aan studente verduidelik is. Indiphile Manya, ‘n student het ‘n kragtige monoloog gedoen oor die waarhede wat vroue deurmaak tydens geslagsgebasseerde geweld. Kampus studente het ook die Amahele – Rythm dance gedoen en menigte op hul voete gehad.

Mevrou Nicky Morris het weer studente van heinde en verre vertel oor die pragtige en ryk geskiedenis van namakwaland voordat Marsilino LaPont studente motiveer het en lig gewerp het op uitdagings van die LGBTQIA gemeenskap.

Khanyisile Suselo het ‘n pragtige gedig kom voorgehou voordat studente die amptelike program afgesluit het met ‘n tradisionele Zulu-dans.

Die program het hoofsaaklik gefokus op die kulturele identiteit van alle studente ongeag hul agtergrond, geslag, ras, seksuele orientasie of etniese groep.

Die erfenis pretdag het plaasgeviond onder ‘n TikTok tema en alle beeldmateriaal is op die studente en die kampus se TikTok-blad te sien.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *