Tydens eerste skooldag van 2024 was die van die NCM raadslede regoor die Namakwa distrik by skole ontplooi.

Dr. Gustav Bock was by SA van Wyk Hoërskool, Richie Cloete by St. Anna Privaatskool Hendriena Coetzee was by Marias Gedenk Primêre skool, Hilton Nel by Hoërskool Boesmanland, Sabina Cloete by JJ Lambert en Rodville Adams was by Kleinsee.

Richie Cloete se tema vir sy boodskap by St. Anna Privaatskool was; ‘The gift of reality equals the gift of justice’ en as dit so losweg vertaal word sê dit; ‘Water vloei nie agteruit nie.

So probeer om soos ‘n rivier te vloei.

Vergeet van die verlede en fokus op die toekoms.

Wat jy insit is wat jy uitkry, Goed of sleg, Wees altyd positief.

“Mag elke skool in 2024 oorwinnings vier en baie vuurmaakhout vir ons oudag bymekaar maak.”

Boodskap van die Nama- Khoi plaaslike munisipaliteit aan die leerders van 2024

“As Burgemeester van die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit, wil ek graag die leerders ‘n voorspoedige en geseënde akedemiese jaar toewens.

Mag hierdie jaar gevul wees met kennis, groei en baie sukses.

Julle is die toekoms van ons gemeenskappe, en ons glo ferm in julle vermoë om groot hoogtes te bereik.

Wees gedrewe, gefokus en onthou dat julle drome binne bereik is.

Jou vasberadenheid, harde werk en volharding is die sleutels wat grense sal oopmaak na eindelose moontlikhede.

Omhels elke leergeleentheid met ope arms, want kennis is die sleutel wat deure na jou toekoms sal ontsluit.

Ons ondersteun julle ten volle en sien uit na die wonderlike dinge wat julle gaan bereik.

Mag hierdie skooljaar vervul wees met prestasies en baie geluk asook vreugde, vervulling en ontelbare groeigeleenthede meebring vir elke leerder en onderwyser.

Saam skep ons ‘n toekoms wat helder, belowend en gevul is met sukses.

Die Burgemeester van die Nama Khoi Munisipaliteit

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *