Die Terug skooltoe-veldtog was op Woensdag, 17 Januarie 2024 by Hoërskool Concordia gehou.
Die waarnemende distriksdirekteur, mnr. Farao was die hoofspreker en het ‘n motiverende boodskap van die LUR Monakali van die Noord- Kaapse onderwys departement gelewer.
Dit het gehandel oor kritieke aspekte soos Skoolveiligheid, Tienerswangerskap, Komende skool beheerliggaam -verkiesings en Nasionale Onderwyserstoekennings.
Die gees van die Onderwysgemeenskap was hoog met die goeie nuus dat die Skoolbestuurder Me Vollmer na Kimberley genooi is vir die Provinsiale Matriekuitslae-toekennings.
Die skoolbestuurder was selfs opgewonde van die aflewering van stoele en twee 5000 liter-watertenks vanaf LUR Bentley Vass.
Bertie Boekwurm het die belangrikheid van lees en biblioteeklidmaatskap beklemtoon.





