Nege skuldig bevind aan openbare geweld en kwaadwillige skade aan eiendom

 Nege skuldig bevind aan openbare geweld en kwaadwillige skade aan eiendom

https://www.aa.com.tr/en/africa/regional-human-rights-courts-sign-cooperation-pact/1630240

Die Noord-Kaapse waarnemende provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing, Brigadier Nicky Mills het die tronkstraf verwelkom wat opgelê is aan James Esau, Nicolaas Smous, Hendrick Boesak, Julian de Koker, Christo Titus, Shepherd Mienies, Elvis Duiker, Isaak Obuseng en Thabang  Mienies wat beskuldig word van openbare geweld en opsetlike beskadiging van eiendom.

Die nege is op Maandag, 13 Junie 2022 deur die Kuruman-streekhof skuldig bevind.

Hulle is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is.

Die hof het hulle 15 dae verlof toegestaan om teen die vonnis te appelleer.

Dit het tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom dat die nege beskuldigdes in Junie 2012 openbare geweld in Olifantshoek gepleeg het.

“Die beskuldigdes is in hegtenis geneem en later op borg vrygelaat. Die verhoor het in 2017 hervat. Op Vrydag, 08 April 2022 is die beskuldigdes skuldig bevind aan openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging en is in aanhouding tot hulle gevonnis is,” het woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Die saak is na die Kuruman-streekhof oorgeplaas vir vonnisoplegging. Die beskuldigdes was die ringleiers van die Olifantshoek gemeenskapslede wat die eiendom van die destydse wyksraadslid in Olifantshoek aan die brand gesteek het.

Tawana het bygevoeg en gesê dat ‘n huis ter waarde van R1,1 miljoen wat aan die destydse wyksraadslid behoort het, insluitend die huisinhoud ter waarde van R590 000 en ‘n motorvoertuig is uitgebrand in die brand wat deur die beskuldigdes veroorsaak is.

Die hof het aangehoor dat gemeenskapslede amok gemaak het om infrastruktuur te vernietig, die strate afgespêr en alles tot stilstand gebring het, op aanvraag na dienslewering.

“Die tronkstraf sal as afskrikmiddel dien vir diegene wat eiendom vernietig tydens diensleweringsbetoging”, sê Brigadier Mills.

Brigadier Nicky Mills het die ondersoekbeampte, sersant J.A.M. Tyers, geloof vir die noukeurige ondersoekwerk en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) insluitend die Departement van Justisie (DoJ) geloof vir hul bydrae om die aanhouding van die beskuldigde te verseker.

Bernadine Hearn

Related post