Reën bring vreugde, maar ook tragedie

 Reën bring vreugde, maar ook tragedie

Foto: Verskaf @Ricardo Zebulon Simon

Opgewondheheid het geheers met die goeie reens die afgelope week onder veral veeboere.

Tesame met die goeie reens wat die streek getref het was daar ook ‘n wrang smaak by ‘n gesin van Okiep met groot skade aan hul huis.

Hulle is woonagtig op Brakputs.

Die paartjie het ‘n drie slaapkamer huis, waarvan hul huis vroeër die jaar gebrand het.

Die vader van die huis het op sy manier probeer om die huis te herstel.  

Tydens gister se swaar reën en gepaardgaande sterk winde het alles sopnat geword, onderwyl hulle huis se dak afgeruk was met die weersomstandighede van gisteroggend (Dinsdag, 14 Junie 2022).

Die huisgesin het groot skade gelei en tans op soek na hulp, veral vir hul 3 maande oue babadogtertjie en 4 jaar oue seuntjie .

Graag soek die paartjie hulp om hul huis te herstel, hulp in die vorm van dakplate en of tot 3 tot 4 sakke sement, paar blok stene en ‘n kospakkie.

Die jong pa is bereid om self sy huis te herstel, omdat hy ‘n messelaar is.

Die vader van die huis het die koue nag gisteraand trotseer deur in ‘n hok te slaap om die huis op te pas dat hy niks sou verloor het as gevolg van diefstal.

Die identiteit van die egpaar word beskerm omdat hulle minderjarige kinders het.

Bernadine Hearn

Related post