Politieke debatte is noodsaaklik vir demokrasie, wat ‘n platform bied vir kandidate om hul standpunte te verwoord, interaksie met die deelnemers te het oor belangrike kwessies en dit help die kiesers om ingeligte besluite te neem, vir watter party om te stem in die opkomende verkiesing wat gaan plaasvind op 29 Mei 2024.
Radio Nfm het die afgelope maand begin met haar politieke debatte wat tot op hede sukses opgelewer het.
Nfm het begin in die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit, gevolg deur Khâi Ma, Richtersveld en die Kamiesberg munisipaliteit.
Wat algeneem voorkom in die munisipaliteite is dat dienslewering ‘n uitdaging is.
Radio Nfm gaan op Donderdag, 23 Mei haar laaste politieke debat aanbied by die Suid- Afrikaanse Polisie Klub in Springbok tussen 4uur en 7uur.
