Die polisie in Nieuwoudtville het met die bystand van lede van ‘n nabygeleë natuurreservaat op 5 manlike verdagtes tussen 21 en 30 jaar toegeslaan terwyl hulle beskermde plante ter waarde van sowat R2,7 miljoen in Nieuwoudtville gestroop het.
Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock het gesê dat die span het op 27 Junie 2024 inligting oor beweerde plantstropery naby Nieuwoudtville opgevolg en die verdagtes vasgetrek terwyl hulle besig was om die bedreigde 424 Clavias Marebelius-plante te oes.
Die verdagtes word aangekla van die onwettige besit van bedreigde plantspesies en sal binnekort in die hof verskyn.
Die ondersoek duur voort.