Soos Vedanta Zinc International jeugmaand (Junie maand) afsluit, plaas die mynmaatskappy die fokus op hul pogings om #OntwikkelOnsJeug deur jong entrepreneurs te ondersteun deur ons ESD-befondsing, bestuur deur hul sakevennoot, Phakamani Group.

Ruzaan Van Heerden, woonagtig op Pella, is een van die mees onlangse begunstigdes van Vedanta Zinc International se ESD-befondsingsprogram het haar dankbaarheid teenoor die mynreus uitgespreek.

“Ek is ‘n jong entrepreneur en stigter van RNS Enterprise met ‘n droom om suksesvol te wees in die sakewêreld en om my gemeenskap te help en armoede te verlig deur werkskepping. Dankie aan Black Mountain, in samewerking met Phakamani, vir die geleenthede wat aan plaaslike Klein, medium en mikro ondernemings beskikbaar gestel is. Die befondsing wat ontvang is, was ‘n droom wat waar geword het. Dit was ongelooflik nuttig in my besigheid aangesien dit nou meer toegerus is as ooit tevore,” het van Heerden ESD befondsing begunstigde gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *