Die Namakwa Biblioteke het Woensdag, 07 Janauarie 2024, omstreeks 1 uur die Biblioteek in Buffelsrivier besoek en die Kleuterskool besoek, waartydens 34 kinders bederf was met ‘n Hand Poppekas en die nabootsing van diere geluide.
Die Donkie, Slang, Hond en Koei was verduidelik met hul habitat, geluid en wat hulle eet.
Bertie Boekwurm het kinders besig gehou met demonstrasie van diere, en selfs kinders op die rug geabba as demonstrasie van praktiese aspekte van die diere,
Kinders was agterna geprikkel met Hardop Lees uit die kinderboek Koekeloer.
Opvoeders en ouers was diensooreenkomstig betrokke en selfs videos op hulle slimfone gemaak, wat ‘n teken van opgewindenheid was.
Kindertjies het mooi saam vinger op die lip gespeel en was bederf met lekkernye agterna.
Die Wêreld Hardop Lees Dag is afgesluit met ‘n skenking van Opvoedkundige Speelgoed aan die Kleuterskool as teken van bydrae tot die ontwikkeling van hulle lees loopbaan.
