Die polisie op Colesberg het tydens ‘n statiese padblokkade op die N1 op meer as R15 000 Crystal Meth (tik) toegeslaan.

Op Saterdag, 16 Julie 2022 is die verdagtes se voertuig by ‘n padblokkade gestop en deursoek.

“Die polisie het die verdagtes in besit van crystal meth deursoek en gevind. Die twee sal na verwagting Maandag, 18 Julie 2022 in die Colesberg-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms,” het polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Die fokus van die padblokkade was om die vervoer van onwettige goedere aan te spreek, insluitend gesteelde voertuie, onwettige vuurwapens, gesteelde vee en dwelms.

Meer as 64 persone is deursoek, insluitend 35 ligte motorvoertuie en 13 swaar motorvoertuie.

Boetes ter waarde van R15 000 is aan motoriste uitgereik vir oortreding van die Padverkeerswet.

Tawana het gesê dat die waarnemende distriksbevelvoerder van Pixley Ka Seme, Brigadier Nomana Adonis het lede toegejuig vir hul pogings om misdaad te bekamp en oortreders aan te kla.

Written by: