Die polisie in Nababeep ondersoek ’n strafbare manslagsaak ná ’n noodlottige ongeluk op die N7 Rooiwinkel-pad op Sondag, 8 Februarie 2026.
Volgens ondersoeke het ’n vader en sy seun omstreeks 11:10 op die pad gereis toe hul voertuig van die pad afgeraak en omgeslaan het.
“’n 58-jarige man wass vasgevang onder die voertuig en is op die toneel dood verklaar as gevolg van sy beserings,” het Kaptein Ivan Magerman SAPS Namakwa Kommunikasiebeampte, gesê.
Die passasier het geringe beserings opgedoen en is na ’n hospitaal in Springbok vervoer vir mediese behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word steeds ondersoek.
Enigiemand met inligting word versoek om Sersant Enrico Cloete by 076 110 3174 te kontak, of die SAPS Crime Stop Nommer 08600 10111 of die MySAPS-app te gebruik.
Alle inligting sal vertroulik behandel word.
