Met die oog op die verwesenliking van die versterking van menslike hulpbronkapasiteit in die openbare gesondheidsorgfasiliteite regoor die provinsie, het die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid gister afskeid geneem van 10 suksesvolle kandidate wat gewerf is om Geneeskunde in Kuba te studeer deur die Mandela-Castro Mediese Samewerkingsprogram.
Vanjaar se inname van mediese studente is in lyn met die verbintenis wat deur die LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, tydens die 2023/2024 Departementele Begrotingsrede gemaak is.
Hierdie samewerking is gebaseer op die 1996 bilaterale ooreenkoms wat tussen die Republiek van Suid-Afrika en die Republiek van Kuba onderteken is.
Sedert die begin van hierdie program in 2000 tot op datum, het dit 149 dokters vir die Noord-Kaap opgelewer.
Hulle is oor die vyf munisipale distrikte versprei om die tekort aan mediese personeel te verlig ten einde gesondheidsorgdienslewering te verbeter.





