Die Noord- Kaapse Premier, Dr. Zamani Saul, vergesel deur Lede van die Uitvoerende Raad saam met die leierskap van die Siyancuma Munisipaliteit, gelei deur die burgemeester, mnr. Patrick Macklein, het drie projekte geloods wat gemeenskappe in die Munisipale area sal bevoordeel.

Die drie projekte sluit in; die opknapping en opgradering van die Douglas Treatment Works, aanstelling van ‘n Aktebesorger om die titelakte-uitreikingsprogram te bespoedig en die behuisingsprojek in Douglas.

Verder is die uitwissing van meer as 560 Emmers op formele erwe in Campbell wat soos volg in drie fases sal ontvou; Fase 1 – Om grootmaat riool en watergedraagde sanitasie te bou; Fase 2 – Om grootmaat water of aanvulling op te gradeer om in die huidige en toekomstige vraag te voorsien en Fase 3 – Om beide water- en sanitasienetwerke te bou en ook om toilette te installeer.

Daar word voorsien dat al hierdie projekte broodnodige werksgeleenthede aan gemeenskapslede sal bied.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *