Die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul het vandag (24/05/2024) die Staat van Kuns Kimberley Akademie Primêre Skool in Kimberley amptelik geopen.

Die Kimberley Akademie Primêre Skool bestaan uit 28 nuwe klaskamers, 4x VKO-klaskamers, administrasieblok, skoolsaal, biblioteek, mediasentrum, nuwe wetenskap- en rekenaarlaboratoriums, 2x veeldoelige bane, opgeknapte sokker-/rugbyveld, nuwe atletiekbaan, nuwe astro -Turf Sportveld en Swembad.

Die bou van hierdie nuwe skool verteenwoordig ‘n totale belegging van R221 miljoen in Onderwys.

Hierdie inisiatief vorm deel van die provinsiale regering se planne om ‘n bevorderlike omgewing vir openbare onderwys van gehalte te skep.

Deur infrastruktuurprojekte van hierdie omvang realiseer die departement ‘n moderne, groeiende en suksesvolle provinsie.

“Dit is ‘n moderne skool wat dit ‘n moderne en bevorderlike leeromgewing maak. Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap, ouers, leerders en onderwysers om te verseker dat ons hierdie skool beskerm en veilig hou sodat dit sy doel kan bereik,” Dr Zamani Saul gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *