Die Noord-Kaapse polisie gaan onvermoeid voort met die bekamping van misdaad van elke vorm en grootte in hul onlangse vastrek van ’n koperkabeldief.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, het die Calvinia-streekhof die beskuldigde, James Klein tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, met vier jaar van die vonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.
Die informasie het gelei tot die arrestasie van die beskuldigde.
Die polisie het onmiddellik aksie geneem nadat hulle informasie ontvang het dat Klein besig was om koperkabels in sy agterplaas te brand.
Klein was onmiddellik gearresteer nadat die kabels as die besittings van Telkom geidentifiseer was.
Sersant Shemane het gesê die polisie het gemeenskappe versoek om voort te gaan om enige kriminele aktiwiteite aan te meld wat verband hou met die beskadiging of knoeiery van noodsaaklike infrastruktuur.
Dit sou blyk dat die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur streng veroordeel word siende dat die Nama Khoi munisipaliteit onlangs in ‘n media verklaring die beskadiging van watermeteronderdele as “kwaadwillige aanvalle” beskryf het.
Die munisipaliteit het ook verklaar dat hulle aktief besig is om die motiewe rondom die vernietigende dade te ondersoek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *