Die informasie sessie rondom Vedanta Zinc International se Maatskaplike en arbeidsplan (SLP), duur voort op die klankgolwe van Radio Nfm.
Neville Basson, hoof van belangegroepverhoudings, het sy buskaartjie op die Hamba Khaya bus bespreek om die revelante inligting saam met die luisteraar te deel, maar meerendeels met die gemeenskappe van die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit.
Die gemeenskappe van die munisipaliteit sluit in die dorpies soos Pella, Aggeneys, Pofadder, Onseepkans, en Witbank.
Basson het daarop gefokus om duidelikheid te gee aangaande die geldige vrae wat gemeenskapslede gevra het rondom die impak en voordele wat die SLP vir die gasheergebiede, sowel as gebiede rondom dit inhou.
Volgens Basson beperk die Wet 28 op die ontwikkeling van minerale en petroleumhulpbronne, 2002 die SLP tot die gasheer gebied van die myn.
Nie te min, probeer die mynmaatskappy om deur middel van die Kliëntetevredenheidsindeks (KSI) hul hulp tot regdeur die streek te strek.
Hy het voort gegaan om uit te brei oor hul vennootskap met die sportraad wat vir Vedanta Zinc International toelaat om ‘n finansïele bydrae van ‘n merkwaardige van R500 000 te maak, wat die vervoerkostes van min of meer 15 000 spanne dek.
Dit is ‘n bewys van hul toewyding in die bevordering van ‘n kultuurryke gemeenskap.
n Luisteraar het die vraag gestel oor hoe die groter besigheidsvennote n bydrae as deel van hul SLP maak en Basson het dit beantwoord deur hul algemene verantwoordelikheid om werkskepping en vaardigheidsontwikkeling te bervorder, beklemtoon.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *