Die Namakwa distriksmunisipaliteit in samewerking met die provinsiale regering, die premierskantoor en die plaaslike staatsdepartemente gaan ‘n geslagsgebaseerde geweld program aanbied.
Dit gaan môre plaasvind in die Okiep Rec Club om 9uur.
“Die Gemeenskap van Okiep word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon en sodoende u ondersteuning te gee aan geen geweld teen vroue en kinders,” het die uitvoerende burgemeester mnr. Mervin Cloete gesê.
Die Premier van die Noord Kaap, Dr. Zamani Saul en die LUR vir Jeug, Vroue, Persone met Gestremdhede, Kommunikasie en E’- Regering, Venus Blennies gaan deel wees van diè program.
Gemeenskappe word versoek om ‘n pan of pot met ‘n lepel saam te neem na die geleentheid om geraas te maak teen geen Geweld teen Vroue en Kinders.
Tydens die program, sal die distrikskantoor WêreldVigsdag ook vier en die Departement van Gesondheid gaan gratis MIV/VIGS toetse aanbied.


