Die premier, dr. Zamani Saul, het vandag die monitering van die heropening van skole regoor die provinsie vir die nuwe akademiese jaar gelei.
Lede van die Uitvoerende Raad wat regoor die provinsie ontplooi is, het die belangrikheid van onderrig en leer beklemtoon wanneer die skooljaar begin, maar het ook die gemeenskap aangemoedig om deel te neem aan die lewe van die skool.
Provinsiale Regering wens alle leerders sterkte toe gedurende die 2024 akademiese jaar, veral Matrikulante wat die laaste rondte van hul skoolloopbaan betree het.












