Die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Eerbare Abraham Vosloo het gister (17 Januarie 2024) die Hoërskool Oranjezicht en die Laerskool Morelig in Keimoes besoek.

Dit vorm deel van die skoolheropeningsprogram deur die Noord-Kaapse Provinsiale Regering.

LUR Vosloo het die onderwysers geloof vir hul voortdurende bydrae om te verseker dat leerders voortgaan om in hul opvoeding te floreer.

“Skole is die kern van die samelewing. As skole en kerke nie staande bly nie, is die kans groot dat die samelewing in duie stort”, het LUR Vosloo gesê.

Hy het die leerders van Hoërskool Oranjezicht gewaarsku oor die hoë syfer van tienerswangerskappe wat die toekoms van leerders belemmer.

“Bly gefokus op jou studies om te verseker dat jy ’n beter lewe vir jouself en jou gesin skep”.

Albei skole het tjeks van R30 000 ontvang om sporttoerusting aan te koop.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *