Twee buitelandse mans sal na verwagting binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en diefstal van ‘n motorvoertuig.

Daar word beweer dat die slagoffer die twee mans as messelaars in diens geneem het, terwyl sy besig was om haar huis in De Aar te bou en op te knap.

Op Maandag, 13 Junie 2022 het die twee na bewering die slagoffer (30) vrou ontvoer en in die kattebak van haar Audi Q2 geprop en saam met haar gery.

“Die slagoffer was in besit van haar selfoon, en sy het daarin geslaag om via Whats-App met haar ma te kommunikeer oor die ontvoeringsbeproewing en diefstal van haar motorvoertuig,” het polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Haar ma het die polisie dadelik oor die beweerde voorval in kennis gestel en die polisie in De Aar het vinnig gereageer en ‘n soek- en opsporingsoperasie van stapel gestuur.

Die besonderhede van die slagoffer en die voertuig is gesirkuleer.

Tawana het gesê dat De Aar SAPD-lede, sersant Riaan van Wyk en speurder- sersant Jam Tyers saam met die eienaar van Landile Veiligheidsdienste, Mnr Kennedy Khubashe, het saamgewerk tydens die soektog en spoor van operasie.

Die soek- en opsporingsoperasie het die span na Grasmere-vulstasie op die N1-Suid van Johannesburg gelei en die verdagtes in besit van die aangemelde gesteelde voertuig gevind met die slagoffer in die kattebak gebondel.

Die slagoffer het kneusplekke opgedoen, as gevolg van die gestoei wat tydens die ontvoering ontstaan het.

Met die hulp van die Johannesburgse hoofwegpatrollie, insluitend die private sekuriteite in Grasmere, is die verdagtes aangekeer en gearresteer.

Die distriksbevelvoerder van Pixley Ka Seme, Brigadier Nomana Adonis het haar dank uitgespreek teenoor al die rolspelers wat betrokke was by die aanhouding en arrestasie van die verdagtes asook die veilige terugkeer van die slagoffer,” het Tawana gesê. 

Written by: