Die SAPD verwelkom die onlangse lewenslange vonnis wat aan ‘n 37-jarige oom opgelê is vir die verkragting van sy niggie in Bathlaros.

Gedurende 2018 was die beskuldigde en sy 12-jarige niggie alleen by die huis in Maruping Village toe haar ma dorp toe is.

“Die beskuldigde het die slagoffer gedreig en haar in die slaapkamer verkrag. Die slagoffer was bang om uit te praat, maar haar tante het op ‘n notaboek afgekom waar sy ‘n brief oor die verkragtingsvoorval geskryf het,” het polisiewoordvoerder Luitenant -Kolonel Sergio Kock gesê.

Op 24 September 2020 is ’n verkragtingsaak aanhangig gemaak en die oom is daarna in hegtenis geneem.

Op 10 Oktober 2022 is die beskuldigde in die Mothibistad-streekhof skuldig bevind aan verkragting en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is in die Nasionale Seksuele Misdryweregister geregistreer.

Kock het gesê dat Kolonel Sipho Kheswa, die waarnemende provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (FCS), het D/WO Keitumetse Semetsa van die Kuruman FCS geloof vir die noukeurige ondersoek wat tot hierdie uitstaande vonnisse gelei het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *