Vedanta Zinc International met die hulp van rolspelers wend hulle tot persone met gestremdhede se nood

 Vedanta Zinc International met die hulp van rolspelers wend hulle tot persone met gestremdhede se nood

Foto: Verskaf

Met die huidige stand van ekonomiese sake, vind menigte huishoudings dit moeilik of amper onmoontlik om kop bo water te hou.

In huishoudings waar daar ‘n persoon met enige vorm van ‘n gestermdheid is, is dit nog moeiliker.

‘n Rolstoelgebonde gemeenskapslid was deur omstandighede gedwing is om in verbinding te tree met Brunhild Strauss van Radio Nfm, om ‘n nuwe rolstoel te kan bekom.

Verteenwoordigers van Vedanta Zinc International VZI het ag geslaan op die persoon se noodkreet en het gister aan hom die splinternuwe rolstoel oorhandig.

Die plaaslike draadloos in samewerking met die Nasionale Raad vir en van persone met gestremdhede het Black Mountain en Vedanta Zinc International bedank vir hulle onbaatsugtige bydrae tot die verbetering van plaaslike gemeenskappe.

Bernadine Hearn

Related post