Die multidissiplinêre operasie genaamd – Operasie Phakisa het oor die Paasnaweek vanaf Donderdag, 28 Maart 2024 begin en op Dinsdag, 02 April 2024 in Port Nolloth, Kleinsee, Brasilië, Groenrivier, Alexanderbaai en Hondeklipbaai geëindig.
“Die fokus hierdie kwartaal was op onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene verwante misdade ingesluit deur streng nakoming van die voorgeskrewe boerdery-, visvang- en oesregulasies te monitor en te verseker, asook om die verspreiding van dwelms aan te spreek en die vloei van ongedokumenteerde immigrante te voorkom,” het ‘n polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.
Die operasies is uitgevoer onder die algehele bevel van luitenant- kolonel Wessie v/d Westhuizen, die Vioolsdrift-grenspolisiëringsbevelvoerder, ondersteun deur luitenant- kolonel Adrian Riddles, die provinsiale grenspolisiëringsbevelvoerder en mnr. Thulani Mthombeni van die departement van bosbou, visserye en die omgewing, bygestaan deur die operasie se taktiese bevelvoerder Kaptein James Pieters wat aktief aan die beplande aksies deelgeneem het.
Spanne van verskillende departemente en entiteite, insluitend die SAID Doeane-eenheid, SAN Parke, die Departement van Minerale en Hulpbronne en die Departement van Landbou Omgewingsake Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het die ontwrigtende aksies uitgevoer.
Aksies en aktiwiteite wat tydens die aanvang van die bedrywighede uitgevoer is, sluit in nakomingsinspeksies, voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, klopjagte by geïdentifiseerde huise vir onwettige dwelms en ander kommoditeitssmokkelary.
Vier voertuigkontrolepunte (VCP’s) is op die Port Nolloth/Alexanderbaai- en die Port Nolloth/Kleinsee-paaie uitgevoer, waartydens 93 voertuie en 217 persone voorgekeer en deursoek is.
Talle operasionele suksesse is behaal, insluitend;
227 visvangpermitte is geïnspekteer by hawens, kampeerterreine en lanseerplekke wat deur die multidissiplinêre wetstoepassingsbeamptes besoek is, waarvoor boetes ter waarde van R3 500,00 uitgereik is vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.
Die multi-dissiplinêre span het ook deursoek en beslag gelê op drank, mandrax en ’n VW Polo-voertuig wat in die pleging van misdaad gebruik is, alles ter waarde van R315 470, 85.
Talle boetes is uitgereik vir oortreding van die Drankwet.
Ses verdagtes is gearresteer vir oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, Immigrasiewet, handel en besit van dwelms asook oproerige gedrag en hulle is gewaarsku om in die hof te verskyn met ‘n opsie van ‘n boete.
“Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga het aangedui dat die SAPD in samewerking met die DFFE en ander belanghebbendes toegewyd en vasbeslote is om die see-omgewing en ons mariene hulpbronne te beskerm aangesien ons optrede die publiek bevoordeel,”
Die polisie sal voortgaan om onwettige en ongereguleerde aktiwiteite langs ons kusgebiede te bekamp.









