Operasie “Safe a live” trek verdagte met Mandrax vas

 Operasie “Safe a live” trek verdagte met Mandrax vas

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

’n 41-Jarige man sal na verwagting binnekort in die Pampierstad-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Die verdagte wat onder polisiebewaking was, is op Vrydag, 15 Julie 2022 op sy perseel in Kolongstraat, Pampierstad, aangekeer tydens ‘n operasie genaamd “Safe A Life”.

“Die Operasie onder leiding van lede van Hartswater Misdaad-intelligensie met die hulp van Hartswater K9 narkotiese hond en Hoofwegpatrollie het op die verdagte se woning toegeslaan om deursoeking en beslagleggingsaksies uit te voer,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

Die verdagte is in besit gevind van dertig(30) kwarte Mandrax-tablette en een(1) halwe Mandrax-tablette, ter waarde van R600.00, insluitend geld wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel is.

Tawana het gesê dat die Noord-Kaapse waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Otola het lede geprys vir hul meedoënlose pogings om dwelms uit die samelewing te verwyder en die ruimte vir dwelmhandelaars te knyp. 

Bernadine Hearn

Related post