Twee vroulike dwelmsmouse vasgetrek

 Twee vroulike dwelmsmouse vasgetrek

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

‘n Intelligensie-gedrewe operasie wat in Petrusville uitgevoer is deur die Noord-Kaapse Provinsiale Misdaadintelligensie, Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI), De Aar Openbare Orde Polisie (POP), Colesberg Sigbare Polisie (Vispol), De Aar Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum (LCRC) en De Aar K9-eenheid het twee vroue van 42 en 58 jaar oud vasgetrek.

In die vroeë oggendure van Vrydag, 15 Julie 2022, het die span die soek- en beslagleggingsoperasie by twee persele in Papierblom- en Kerkstraat in Petrusville uitgevoer.

“Albei verdagtes was onder polisiebewaking, aangesien daar geglo is dat hulle betrokke was by dwelmaktiwiteite wat op hul perseel plaasgevind het. Crystal Meth (tik) en dagga, insluitend geld ter waarde van R1 101,00 wat vermoedelik deur dwelms te smous gegenereer is, is gekonfiskeer,” het die woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Daar is beslag gelê op tien(10) klein pakkies Cristalmeth ter waarde van R250, insluitend twee(2) pistoolreplikas, magasyne en drie(3) Okapi-messe wat in besit van ‘n 42-jarige vroulike verdagte gevind is.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Petrusville-landdroshof verskyn, onderskeidelik op aanklagte van handel in dwelms.

“Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, generaal-majoor Kolisa Otola het haar dankbaarheid uitgespreek vir uitstekende en suksesvolle operasies wat in die Pixley Ka Seme-distrik uitgevoer is,” het Tawana bygevoeg.

Bernadine Hearn

Related post