Operasie Shanela, die multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie bly standvastig en doelbewus in die stabilisering van misdaad en het 676 verdagtes in hegtenis geneem vir ‘n verskeidenheid kriminele dade regoor die Noord-Kaap.

Luitenant Kolonel Sergio Kock polisiewoordvoerder het bevestig dat die verskerpte polisie-operasies het op Sondag, 03 Maart 2024 begin en tot Sondag, 10 Maart 2024 geduur.

 Die spesifieke fokus was op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in brandpuntgebiede wat menigte suksesse verseker het.

Aksies en polisieaktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en die smokkel van onwettige goedere en opsporingsoperasies deur speurders.

“Daar was 48 Voertuigkontrolepunte en verskeie padblokkades wat regoor die provinsie uitgevoer was, waartydens 2 711 voertuie en 5 672 persone voorgekeer en deursoek is,” het Kock gesê.

Talle polisie-aksies wat uitgevoer is, sluit in nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede, skool en plaas besoeke.

Die verdagtes is aangekeer en gearresteer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, roof, aanranding, veediefstal, huisbraak, diefstal uit motorvoertuig, handel met opsetlike saakbeskadiging en die besit van dwelms, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, onwettige immigrante asook oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere.

Kock het bygevoeg dat van die 676 totale inhegtenisnemings was 585 gesoekte verdagtes, wat vir talle oortredings vir die polisie op die vlug geslaan het.

Die arrestasies is uitgevoer tydens opsporingsoperasies deur speurders regoor die provinsie.

Ontwrigtende aksies wat op die onwettige handel in drank fokus, het gelei tot die konfiskering van groot volumes alkoholiese drank en talle gevaarlike wapens by onwettige drankafsetpunte en ander brandpunt-misdaadgebiede.

Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het herhaal dat die polisie sal voortgaan om misdaad te voorkom en te bekamp.

Sy het ook al die wetstoepassingsagentskappe en belanghebbendes, insluitend die GPF-strukture, geloof vir die gesamentlike pogings om misdaad in die provinsie aan te spreek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *