Die hoëdigtheid Vala Umgodi-bedrywighede met ‘n fokus op brandpuntgebiede wat gekoppel is aan onwettige mynverwante misdade in Kimberley en Kleinzee, gaan voort om hul pogings om onwettige mynaktiwiteite aan te spreek, en te verskerp.

Polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane het bevestig dat die operasies gaan voort met meer stewels op die grond deur polisiesigbaarheid te verhoog in ‘n poging om die provinsie te stabiliseer, normaliseer en terug te eis van onwettige mynbedrywighede.

Die samewerkende, multi-dissiplinêre, intelligensie-gedrewe benadering, wat Suid- Afrikaanse Polisiediens, Binnelandse Sake, Suid- Afrikaanse Nasionale Weermag betrek het, het van Maandag, 04 Maart 2024 tot Sondag 10 Maart 2024, nakomingsinspeksies, voet- en voertuigpatrollies by myne, stortingsterreine en polisiesigbaarheid by winkelsentrums, komplekse en taxistaanplekke gedoen.

“Tydens die operasies is voertuigkontrolepunte uitgevoer om alle onwettige mynbou- en verwante misdaadaktiwiteite wat die provinsie binnekom e nook verlaat aan te spreek,” het Shemane gesê.

Die polisie het verdagtes gearresteer vir misdade wat wissel van onwettige mynbou, besit van dwelms, handel in onwettige sigarette en ongedokumenteerde persone.

Verskeie boetes is uitgereik vir die oortreding van die padverkeerswet en bosbou-, vissery- en omgewingswette.

Die multidissiplinêre span het beslag gelê op twee LDV-bakkies, sakke met moontlike diamantdraende gruis, mynbou-operasionele toerustingverwante gereedskap, goedere wat verval het, onwettige sigarette, dagga en dwelms.

Sersant Shemane het gesê die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola verwelkom en waardeer die samewerking tussen die verskillende wetstoepassingsagentskappe om onwettige mynaktiwiteite effektief aan te spreek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *