Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Suid- Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga het herhaal dat Operasie Shanela standvastig en gefokus bly in die bekamping van kontakmisdade, dwelmhandel, geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord en die knyp van die ruimte vir misdadigers om te werk.
Luitenant Kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder het bevestig dat die verskerpte polisie-operasies wat op Maandag, 25 Maart 2024 tot Sondag, 31 Maart 2024 begin het, het gelei tot die aankeer en arrestasie van 462 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
18 215 Polisie- en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelms en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.
“Voertuigkontrolepunte en talle padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 4 331 voertuig en 9 911 persone voorgekeer en deursoek is,” het Kock gesê.
Nakomingsinspeksies deur tweedehandse handelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede, myne sowel as plase was uitgevoer.
2 458 patrollies is deur winkelkomplekse, winkelsentrums en in brandpunte uitgevoer om polisiesigbaarheid te versterk.
Die verdagtes is aangekeer en gearresteer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, aanranding, huisbraak, diefstal uit motorvoertuig, handel met opsetlike saakbeskadiging en besit van dwelms, gevaarlike wapens, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, onwettige immigrante asook oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere.
Speurders in die vyf distrikte het 181 gesoekte verdagtes opgespoor wat die polisie ontduik het terwyl 281 mense vir ander misdade in hegtenis geneem is.
Ontwrigtende optrede het ook gelei tot die konfiskering van groot volumes alkoholiese drank, dwelms en hoë gevaarlike wapens deur onwettige sjebiens, teruggevind van vee en vermoedelike gesteelde eiendom in brandpunt misdaadgebiede.
“Generaal-majoor Luntu Ngubelanga het sy dankbaarheid en waardering aan die SAPD-lede en eksterne rolspelers en wetstoepassingsagentskappe oorgespreek vir hul voortgesette kollektiewe pogings vir die Paasvakansie en daarna. Ons sal voortgaan en vashou om misdade uit ons gemeenskap uit te voer. verseker dat geregtigheid geskied,” het Kock gesê.