Operasie-Vhutu trek trio vas

 Operasie-Vhutu trek trio vas

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n Intelligensie-gedrewe operasie, gedoop “Operasie Vhuthu Hawe” het enorme suksesse opgelewer, toe twee verdagtes vasgetrek is vir die handel in dwelms, met ‘n geraamde straatwaarde van meer as ‘n halfmiljoen.

Die operasie is op Maandag, 30 Mei 2022 uitgevoer nadat lede van Upington Grenspolisie, Upington K9, Upington Hoogweg Patrollie en Daniëlskuil Sigbare op verdagtes se woning by New Stands, Hloya in Daniëlskuil toegeslaan het.

“Tydens klopjagte is dagga van 3 712 kg ter waarde van R579 079.00 en crystal meth 310 gram ter waarde van R77 500.00 op die verdagtes se perseel gevind, insluitend R1 600.00 kontant wat vermoedelik die opbrengs van die verkope van die dwelms is,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

Die operasie het voortgegaan na ‘n huis in Kuilsville in Daniëlskuil, waar ‘n verdagte ook aangekeer is, nadat hy gevind is in besit van Crystal meth wat 1 gram weeg ter waarde van R250.00.

Die drietal sal na verwagting Dinsdag, 31 Mei 2022 in die Daniëlskuil-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Tawana sê dat die Noord-Kaapse waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Otola, het die span geprys wat by die operasie betrokke was, wat positiewe resultate opgelewer het en ook verseker het dat dwelmsmouse aangekla word.

Bernadine Hearn

Related post