Suksesvolle kinderbeskermingsveldtog op De Aar waargeneem

 Suksesvolle kinderbeskermingsveldtog op De Aar waargeneem

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

’n Suksesvolle kinderbeskermingsveldtog is op Dinsdag, 31 Mei 2022 by die Olunwabo Nie-regerings organisasie in Ethambeni, De Aar, waargeneem.

Adjudant-Offisier Valery Booysen en Adjudant-Offisier Illze Fan van De Aar-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die veldtog teen afknouery bewusmaking en seksuele misdrywe gelei.

“Ongeveer 25 straatkinders het die geleentheid bygewoon en inligting is gedeel in ‘n poging om bewustheid te skep oor die verskillende vorme van afknouery en seksuele misdrywe,” het Luitenant- Kolonel Sergio Kock, polisie woordvoerder gesê.

Ten slotte is die straatkinders aangemoedig om terug te gaan skool toe en by hul gesinne te bly.

Die veldtog teen afknouery en seksuele misdrywe vorm deel van die kinderbeskermingsweek wat tans onder die tema, laat ons almal ons kinders beskerm tydens die Kovid-19 pandemie en daarna.

Bernadine Hearn

Related post