OPOD ondersoek gevangene se selfmoord in polisiesel

 OPOD ondersoek gevangene se selfmoord in polisiesel

https://blogs.kent.ac.uk/criminaljusticenotes/files/2018/12/police-2122373_1920-1024×683.jpg

Die polisiewaghond, die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD), ondersoek tans die dood van ‘n verdagte wat glo gesterf het terwyl hy in polisie-aanhouding op Upington, in die Noord-Kaap was.

‘n Woordvoerder vir die OPOD, Lizzy Suping, het bevestig dat die 21-jarige oorledene skuldig bevind was aan hofminagting, voordat hy na bewering selfmoord gepleeg het.”

Die voorval het plaasgevind by die Groblershoop-polisiestasie, op Upington,” sê Suping.

Sy vertel verder dat die oorledene tot tien dae gevangenisstraf of ‘n boete van R100 gevonnis is, nadat hy geboei is omdat hy na bewering onregmatig was, en gedreig het om selfmoord te pleeg indien hy in ‘n sel aangehou word.

Suping sê die oorledene was alleen in die sel ten tyde van sy dood en sy lyk is na die staatslykshuis vervoer.

OFM NUUS

Bernadine Hearn

Related post