Die Pixley Ka Seme SAPD Distrikskommissaris, generaal-majoor Nomana Mtukushe het hande gevat met die LUR vir Korporatiewe Bestuur, Menslike Nedersetting en Tradisionele Sake en Vervoer, Veiligheid en Skakeling, mnr Bentley Vass, die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI) en die Plaaslike Raadslid in De Aar tydens verskeie gemeenskapsuitreikprogramme, as deel van hul Mandeladag 2024-bydraes.

Die span het uniforms, skoolskoene en warm gemaklike klere aan verskeie skoliere en waardigheidspakkies aan ongeveer 150 studente uitgedeel.

LUR Vass en die uitreikspan het twee gesinne besoek waar kospakkies en komberse uitgedeel is.

“Die geleentheid is aangegryp om die Nightingale Hospice in De Aar te besoek, waar hulle kruideniersware en waardigheidspakkies aan die bejaarde pasiënte verskaf het,” het Luitenant Kolonel Sergio Kock, Noord- Kaapse polisiewoordvoerder gesê.

Die dag is afgesluit by ‘n geïdentifiseerde huis in De Aar waar die span opknappingswerk gedoen en skoongemaak het as ‘n gesamentlike poging om ‘n tasbare verskil in ander se lewens te maak.

Kock het bygevoeg dat die uitreikprogramme is op 18 Julie 2024 gehou onder vanjaar se Nelson Mandela Internasionale Dag, ter viering van die 2024-tema: “Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp.” 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *