Deurlopende pogings deur lede van Upington-grenspolisie in die bekamping van misdaad het die arrestasie van twee mans met vermoedelik gesteelde goedere verseker.
Tydens roetinepatrollies op Donderdag, 18 Julie 2024, het die lede op die verdagtes afgekom in besit van ‘n motorhekbattery en ‘n rol elektriese heining ter waarde van R1100.00.
Die duo kon geen bewys van eienaarskap of besonderhede van die oorsprong van die items verskaf nie.
“Die twee verdagtes van 35 en 36 jaar oud is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn,” adjudant offisier Omphile Masegela, polisiewoordvoerder gesê.
Terwyl die lede met hul pligte voortgegaan het, het hulle ‘n deursoeking by ‘n perseel gedoen, waartydens hulle R200.00 vals note ontdek het wat vermoedelik besig was om vervalste geldeenhede te druk.
Masegela het gesê dat daar was geen verdagtes wat met die voorval verbind word nie, en ‘n ondersoek is geregistreer vir verdere ondersoek.

